Home Food and Wine ‘Meerlust: Beyond the Rubicon’

‘Meerlust: Beyond the Rubicon’

345

Meerlust Wynlandgoed – net buite Stellenbosch is ’n ikoon van die Suid-Afrikaanse wynbedryf. En as ikone self ikone kan hê, dan is hul Rubicon-rooiwyn versnit beslis dit. ’n Onlangs nuut vrygestelde  boek – geskryf deur die ikoniese wynkenner Emile Joubert – vertel op elegante wyse die verhaal van hierdie historiese landgoed, en sy inspirasie wekkende wyne.

Meerlust (wat beteken ‘plesier van die see’) is oorspronklik in 1693 aan die Duitse immigrant Henning Huising toegeken. Maar vir meer as drie eeue en sewe geslagte lank is die land deur die Myburgh-familie versorg, wat dit omskep het in een van die land se mees gerespekteerde wynlandgoedere.

Gedurende die eerste ses geslagte van die Myburgh-bewind, is die wingerde gebruik om groot hoeveelhede wyn te produseer vir verkoop aan die groot handelaars wat destyds in ’n relatief ongesofistikeerde wynmark gewerk het. In 1975 het die landgoed sy eerste oesjaar onder eie etiket geproduseer – ’n Cabernet Sauvignon.

Die Rubicon-rooi Bordeaux-versnit wat in 1980 vir die eerste keer gemaak is deur Nico Myburgh en die ikoniese Italiaans-gebore wynmaker, Giorgio Dalla Cia, het Meerlust op ’n nuwe trajek geplaas. Dit het nie net ’n nuwe era en trajek vir Meerlust en die Myburgh-familie aangekondig nie, maar ook ’n revolusie in wynstyl. Vandag leef hierdie nalatenskap voort onder eienaar Hannes Myburgh en keldermeester Wim Truter.

‘Meerlust: Beyond the Rubicon’ gaan dieper as net die lof vir ’n enkele versnit. Dit is ’n viering van die tydlose band tussen land, tyd en kuns.

Die boek is beskikbaar by goeie boekwinkels in Suid-Afrika, asook aanlyn in Meerlust se winkel teen R495 BTW ingesluit.

Teks: Redaksie | Foto: Jonathan Ball Uitgewers