In rustige Stellentiaweg, Stellenbosch, wag die Rupert Museum — ’n skatkis van kuns versamel deur die oorlede dr. en mev. Rupert tussen 1940 en die vroeë 2000’s. Van uitstallings en kinderaktiwiteite tot ’n gesellige kafee, is ’n uitstappie na die museum altyd ’n goeie idee!
Die museum huisves tans drie uitstallings. In die eerste galery vind jy “Horison – land ontmoet lug”, ’n uitstalling wat nadink oor die horisonlyn as ’n belangrike organiserende konsep — een wat ’n uiteenlopende reeks werke deur sowel Suid-Afrikaanse as internasionale kunstenaars uit die permanente versamelings van die Rupert Museum verenig.
Ook uitgestal is “Die Verhaal van die Johannesburg Stasie-panele deur JH Pierneef.” Die volledige stel van twee-en-dertig panele – agt-en-twintig landskappe en vier boomtonele – is op langtermynlening van die TRANSNET-stigting aan die Rupert Kunsstigting. In die volgende uitstellingsruimte kan besoekers “#Gunstelinge” geniet, wat uit werke bestaan wat deur openbare stemming uit die museumversamelings gekies is.
Die museum bied gratis begeleide toere aan op Woensdae en Vrydae van 11:00 – 12:00 of 13:00 – 14:00. Geniet ’n koffie of heerlike maaltyd by die kafee op die perseel, en laat die kinders hul kreatiwiteit verken met aktiwiteite geïnspireer deur die uitstallings.
Toegang: Gratis
Dinsdag – Vrydag: 10:00 – 17:00 | Saterdag & Sondag: 10:00 – 16:00
rupertmuseum.org | info@rupertmuseum.org | 021 888 3344







