Home Lifestyle Die Lente-allergieë is Hier

Die Lente-allergieë is Hier

359

Met die ontwaking van die lente in Suid-Afrika is dit vir baie ‘n seisoen van ‘n genies, brandoë en benoudheid. Maar dit kán bestuur en vergemaklik word as mens die oorsake verstaan, die simptome korrek identifiseer en weet hoe om dit onder beheer te hou.

“Allergieë in die lente is ‘n algemene verskynsel in Suid-Afrika, veral in areas waar die stuifmeeltellings hoog is,” sê Tania Joffe, die stigter van Unu Health. “Daar’s darem goeie nuus ook: met die regte benadering kan mens jou blootstelling verminder en die simptome só bestuur dat jy darem nog iets van ons mooiste seisoen kan geniet.”

Volgens ‘n ISAAC studie het allergiese rinitis tussen adolossente in Kaapstad gestyg van 30.4% in 1995 tot 38.5% in 2003. ‘n 2013 studie deur SciELO toon dat hoewel slegs 14.9% van mense positief toets vir allergiese rinitis, 48% lei aan kroniese neusprobleme, wat bewys hoe belangrik ‘n akkurate diagnose is. Hierdie data – en die breër prentjie wat homself vertoon met die insluiting van verdere studies in Suider-Afrika – bewys daar’s ‘n toenemende tendens van allergiese rinitus en allergiese rinokonjunktivitus (wat oogsimptome insluit). Hierdie syfers maak dit duidelik dat lente-allergieë nie slegs irriterend is nie, maar ‘n groeiende gesondheidsprobleem geword het wat ernstige aandag vereis.

So wat is lente-allergieë? Allergiese rinitis word geaktiveer deur ‘n immuunstelsel wat oorreageer op stuifmeel-allergene in die lug, komende van gras, bome en onkruid. Hierdie algemene irriterende elemente ontlok ‘n histamienrespons, wat weer lei tot ‘n genies, ‘n gejeuk, kongesties, en tranerige oë.  “Jou liggaam lees stuifmeel verkeerdelik as ‘n bedreiging en stel dan verwoed histamien vry wat weer die klassieke simptome veroorsaak wat ons vrees in die lente,” verduidelik Joffe.

Daar is egter advies om die verskil tussen ‘n allergie en ‘n verkoue uit te ken, ‘n korrekte diagnose te maak, jou blootstelling te verminder én dit suksesvol te behandel.

Herken die verskil tussen ‘n Allergie en ‘n Verkoue:

·       Koors is afwesig in geval van ‘n allergie.

·       Verkoues gaan verby binne 7–10 dae, terwyl ‘n allergie aanhou.

·       ‘n Gejeuk is baie meer algemeen met ‘n allergie.

“Indien die simptome elke lente voorkom en nié van verbygaande aard is nie, het jy heel waarskynlik ‘n allergie,” se Joffe.

Hoe om ‘n lente-allergie te diagnosseer:

·       Volg die simptome: kyk wanneer dit ‘n piek bereik en hoe lank dit aanhou.

·       Sien ‘n gesondheidskundige, veral as die simptome aanhou of erger word.

·       Allergie-toetse: ‘n velprik óf bloedtoets kan spesifieke oorsake identifiseer.

“Die eerste stap om jou allergie susksesvol te kan behandel, is deur die spesifieke allergie korrek te diagnoseer,” Joffe advises.

Verminder blootstelling: ‘n Seisoenale Strategie

·       Volg die plaaslike stuifmeeltellings. Die Universiteit van Kaapstad se Stuifmeel Netwerk reflekteer area-spesifieke inligting. Besoek medicalacademic.co.za

·       Hou vensters toe en oorweeg ‘n lugreëlaar om stuifmeel te sif en blok.

·       Stort en trek skoon aan ná buitelug aktiwiteite om stuifmeel af te skud.

·       Spoel jou neus met ‘n soutoplossing om stuifmeel uit te was.

·       Was beddegoed gereeld en in warm water om allergene te elimineer.

·       Dra ‘n sonbril om jou oë te beskerm teen stuifmeel in die lug.

“Allergieë hoef nie jou lente te oorweldig nie,” se Joffe. “Deur te weet wat die simptome uitlok, blootstelling te beperk en goeie behandeling te volg, kan jy tóg jou lente geniet. Praat gerus met jou dokter oor watter behandeling die beste is vir jou. Dit kan wees antihistamien, neuskortisoon om inflammasie en blokkering te verminder, of self immunoterapie wat langer termyn verligting sal gee in die mees hardnekkige gevalle.”

www.unuhealth.org

Teks: Redaksie | Foto:  Heung Song from Pixabay