Home Business Hoe Groeiende Toerisme in die Wes-Kaap jou Eiendomsportfolio raak

Hoe Groeiende Toerisme in die Wes-Kaap jou Eiendomsportfolio raak

303

Die Wes-Kaap beleef tans ‘n opwelling in toerisme, en besoekers kies toenemend om hulle vakansieverblyf te omskep in langtemyn beleggings, aldus Greeff Christie se Internasionale Eiendomme.

Toeristesyfers dwarsdeur die provinsie het konsekwent opwaarts geneig in 2025, aangevuur deur internasionale aankomste en ‘n hernieude aptyt vir leefstylreise. Vanaf wynlandgoedere tot kuswegbreke, word  die provinsie se bekoring omgesit in ‘n verhoogde aanvraag na wonings, gastehuise en vakansie-eiendomme. Die plaaslike kantore van Greeff Christie rapporteer ‘n styging in navrae van internasionale en Suid-Afrikaanse beleggers wat ‘n stukkie van die Wes-Kaap se leefwyse wil bekom.

“Toerisme en eiendom het ‘n noue verband,” volgens Aimee Campbell, Prinsipaal van die agentskap se Stellenbosch & Franschhoek kantore. “Besoekers raak verlief op die wynplase, die mooi omgewing, die geskiedenis, en baie van hulle wil op die ou end iets daarvan besit. Ons sien dit keer op keer — ‘n naweekkuier word ‘n gesprek rondom huiskoop.”

Die wending is nie net beperk tot die Wynlande nie. Rudo Kirsten, die Helderberg Prinsipaal, merk op dat oorsese besoekers hou van die kusleefstyl en sal dikwels ondersoek instel van eiendomsmoontlikhede: “Helderberg bied wêreldklas strande en wynlandgoedere binne ‘n uur se ry vanaf Kaapstad. Kopers sien waarde daarin om leefstyl en ontspanning te meng in ‘n vakansie- sowel as ‘n familiewoning.”

Kustoerisme het ook ‘n effek verder aan. Die Weskus-Prinsipaal, Jaco van der Merwe: “Die Walviskus is vinnig op pad om ‘n voorkeurbestemming te word vir natuurtoeriste. Ons kantore kry stappers en walviskyker wat ook rondkyk na eiendomme. Die aanvraag na kuseiendomme was nog nooit so hoog nie.” Hierdie omgewing grens ook aan die Hemel & Aarde Vallei, wat wêreldwyd erken word vir sy koelklimaat Pinot Noir and Chardonnay, wat bydra tot leefstylaantreklikheid en langtermyn beleggings aanmoedig.

Toerisme vuur ook belangstelling in kleiner dorpe aan. Joe van Rooyen van die Durbanville & Brackenfell kantore beklemtoon dat baie families die noordelike voorstede verkies vir die goeie skole en nabye wynroetes. Greyton se Monica Hess sê: “Greyton se bekoring is in sy kleindorpse gevoel. Naweekgaste sal dikwels navraag doen oor beskikbare eiendomme. Die dorpie se karakter verkoop homself.”

Toerisme bly groei, en die trajek vir eiendomsbeleggings sal na verwaging dieselfde kurwe volg regoor die Wes-Kaap.

Vir meer besonderhede oor Wes-Kaap Eiendomme, besoek www.greeff.co.za