Home Business Onveranderde rentekoerse ‘n vermiste geleentheid, sê Seeff

Onveranderde rentekoerse ‘n vermiste geleentheid, sê Seeff

370

Die Reserwebank se besluit in September om die repokoers onveranderd te laat op  7.00% (primakoers op 10.50%) is ‘n groot slag vir die ekonomie en die eiendomsmark, volgens die Voorsitter van die Seeff Eiendomsgroep, Samuel Seeff.

Samuel Seeff, Seeff Eiendomsgroep Voorsitter

Dis veral teleurstellend in die lig daarvan dat die VSA se Federalebank ‘n verlaging van 25-basispunte aangekondig het. Seeff reken dat die huidige gunstige ekonomiese klimaat was ruimte toelaat vir ‘n verdere koersverlaging. Inflasie het stabiliseer op 3.3%, gemaklik binne die Bank se laer teikenstelling, en die Rand bly in die omgewing van R17.50 teen die Dollar, ten spyte van die handelsuitdagings.

Daar is goeie redes vir ‘n verdere verlaging van 25-basispunte, en Seeff glo daar moet nou beweeg word na pre-pandemie rentekoersvlakke. Die Groep se terwyl die onlangse verlagings ‘n bietjie verligting gegee het, is die effek op die groter ekonomie nog dun, soos gesien kan word in die 0.8% groeikoers. Die rentekoers bly onaanvaarbaar hoog, ten spyte daarvan dat inflasie nou laer is as vóór die pandemie. Dit sal aangespreek moet word om ekonomiese groei en werkskepping te stimuleer.

Sover dit die eiendomsmark aangaan, reken Seeff aktiwiteit het verbeter by al hulle takke, verkope is óp en voorraad word vinniger uitgeput. Kopers maak gebruik van die laer rentekoerse, maar die volumes is nog steeds ietwat laer as pre-pandemie vlakke in baie areas.

Marktoestande in is meesal positief vir kopers, vergeleke met die middel 2024 rentekoerse. Meer verkopers word ook geïnspireer om die mark te betree, soos wat voorraad kleiner word en die pryse opwaarts neig.

FNB rapporteer byvoorbeeld dat huispryse nasionaal herstel en gegroei het met  4.5% teen Augustus. Dis meer as dubbled die 1.2% groei aan die begin van die jaar, en dit het nou die inflasiekoers verbygesteek.

Seeff waarsku egter dat ekonomiese groei en werkskepping prioriteit moet wees. Die eiendomssektor doen dus ‘n beroep op die Reserwebank om die duidelike geleentheid  vir ‘n verlaging in rentekoerse, aan te gryp

Teks & Foto: Redaksie