Wyn hoef nie altyd seremonie te hê nie. Soms moet dit net daar wees – by braais, feeste, kaalvoet in die tuin, of waarheen die lewe jou ook al neem.
Spier se blikkiewynversameling het dit nog altyd verstaan – en nou pas die voorkoms by hierdie begrip en sienswyse.
Hierdie wyne is gereed wanneer jy is. Hulle koel vinnig af, is lig om te dra, en maklik om te pak. Boonop het hierdie aluminiumblikkies ’n kleiner koolstofvoetspoor, en elke aankoop ondersteun Spier se Growing for Good-inisiatiewe.
Geen kurke, geen mors, geen oordeel – net gehaltewyn wat “kan-doen wyn” ’n werklikheid maak, waar jy ook al gaan.
Spier se trio van blikkiewyne het nou ’n treffende nuwe voorkoms, met kunswerke van gevierde Suid-Afrikaanse kunstenaars uit die Spier Arts Trust. Die Trust huisves een van die land se grootste versamelings van kontemporêre kuns – met meer as 3 500 werke op die plaas en elders.
Dieselfde kundig vervaardigde Sauvignon Blanc, Rosé en Merlot deur die bekroonde keldermeester Johan Jordaan, is nou beskikbaar in verpakking wat net so gewaagd en onverskonend is soos die generasie wat dit drink.
Ontmoet die Reeks
Spier Blikkie Sauvignon Blanc 2025
Die Sauvignon Blanc 2025 vertoon Norman O’Flynn se Be Still Life – gewaagde popkuns vir ’n wyn wat helder, vars en vol persoonlikheid is. Bleek strooi met passievrug, groen vy en ’n tikkie swartbessielof – lewendig vir sononderdrankies, en onverbeterlik saam met seekos.
Spier Blikkie Rosé 2025
Die Rosé 2025 vertoon Emma C. Aspeling se Our Skin Contains a Universe, ’n lewendige stuk vir ’n wyn wat bros en pittig is. Salmpienk met kersie-, aarbei- en granaatappelgeure – sappig, verfrissend en uiters moeilik om te weerstaan.
Spier Blikkie Merlot 2024
Die Merlot 2024 vertoon Audrey Anderson se Zig Zag, geïnspireer deur die Klein Karoo. Robynrooi met swartbessies, granaatappel, kersie en ’n sweempie kruisement – medium liggaam, en pas by alles – van pizza tot jou beste braai geregte.
Teks: Redaksie | Foto: Verskaf







