Home Lifestyle Vakansieverblyf Wat Die Sterte Sal Laat Swaai!

Vakansieverblyf Wat Die Sterte Sal Laat Swaai!

186
Montagu Country Hotel

Baie Suid-Afrikaanse troeteldiereienaars is nie bereid om hul viervoetige ‘kinders’ by die huis te los wanneer hulle met vakansie gaan nie, en aanlyn soektogte na ‘hondvriendelike’ vakansieverblyf het die hoogte ingeskiet. Sommige lede van die Cape Country Routes-versameling van privaat besit/bestuurde hotelle, lodges en gastehuise verwelkom ook die viervoetige lede van jou gesin. Dis natuurlik benewens die aanbied van ‘n reeks gesinsverblyf, eetgeleenthede en ontspanningsaktiwiteite!.

Die volhoubare, omgewingsbewuste Gonana Collection is geleë in Paternoster, een van die oudste vissersdorpies langs die Kaapse Weskus. Met ‘n wonderlike ligging reg op Bekbaai-strand, en sy luukse, kontemporêre akkommodasie, is dit die perfekte wegbreekbestemming vir gesinne met honde. Gonana se selfsorg-eiendomme – die Coral Villa, aan die stiller Bekbaai-kant van Paternoster; drie aparte Ateljees – die Oyster-, Scallop- en Mussel-Ateljees en ‘tweeling’-huise – die Acacia en Aloe (wenners van die 2022 Afristay Pet-Friendly Destination Award) is almal troeteldiervriendelik en verwelkom klein tot medium rasse van gesosialiseerde en goedgemanierde honde. Die vlagskip-eiendom, The Guesthouse, is egter nie troeteldiervriendelik nie.

Karoo Art Hotel

Die 4-ster Karoo Art Hotel in Barrydale (net langs Roete 62 en naby die Tradouwpas) het sy eie luukse kamer, The Garden Suite, wat troeteldiervriendelik is, asook die toepaslik genaamde Dog Box – ‘n pragtig versierde tuinkamer met sy eie kombuisie vir selfsorg en ‘n afgesonderde patio wat deur ‘n lae houtheining van die hotel se agtertuine geskei word. “Aangesien ons uit ‘n familie van hondeliefhebbers kom, dink ons dis gepas dat twee van die beste kamers op die eiendom ook die hondevriendelike kamers is,” sê eienaar Sue Melvill.

In Montagu is die bekoorlike 4-ster Montagu Country Hotel nog ‘n wonderlike bestemming vir ‘n gesinswegbreek met troeteldier in tou. Troeteldiere bly gratis. met hul eienaars in spesifieke kamers met gelamineerde vloere en toegang tot die tuine. Klein/medium rasse van gesosialiseerde en goedgemanierde honde is welkom en troeteldiereienaars word versoek om hul eie hondekos, bakke en beddegoed saam te bring en om agter hul harige vriende ‘skoon te maak’. “Ons is vriendelik teenoor vriendelike honde,” verduidelik eienaar PJ Basson, “en hoewel ons weet dat honde-eienaars wat saam met hul beste vriende reis, sal weet hoe hul troeteldier moet optree, dring ons daarop aan dat alle honde aan leibandemoet wees in openbare areas en hulle word nie in die eetkamer toegelaat nie.”

Supertubes Gastehuis, slegs 30 meter van die wêreldbekende branderplankrystrand van Jeffreysbaai in die Oos-Kaap, bied verblyf in standaard- en luukse kamers in die gastehuis, en sy selfsorgwoonstelle – 11 Pepper (Supertubes Woonstel) met drie en suite-kamers, en 16 Pepper (‘Khaya Zinza’) met vyf en suite-kamers, drie met pragtige see-uitsigte; beide woonstelle is hondevriendelik. Klein tot medium honde – huisopgelei, goedgemanierd en gesosialiseerd natuurlik, is welkom. Die eiendomme is nie omhein nie en daar is ‘n beperking van een hond per woonstel.

As jy op die langpad deur die Noord-Kaap reis met jou harige baba op die agtersitplek, sal jy natuurlik ‘n plek wil hê om te bly waar julle almal welkom is. Slegs 15 km van Sutherland af bied die omgewingsbewuste Rogge Cloof Privaat Natuurreservaat ‘n verskeidenheid verblyf in sy eko-dorpie. Die selfsorgkothuise en -huise verwelkom goedgemanierde en gesosialiseerde honde wat jou kan vergesel (natuurlik aan leibande) op wildwandelings en verkenningservarings, maar word nie in die restaurant toegelaat nie.

(Bepalings en voorwaardes geld.)

bookings@capecountryroutes.com | www.capecountryroutes.com

Teks: Redaksie | Foto’s: Verskaf